WELKOM BY EEDENGLEN AFTREE-OORD . . .

Eedenglen Aftree-oord is geleë in die pragtige kusdorpie Jeffreysbaai in die Kouga munisipaliteit van die Oos-Kaap. Jeffreysbaai is bekend vir pragtige strande waar dolfyne en walvisse gereeld gesien word. Die dorp is ideal geleë vir daguitstappies na die Addo Olifantpark, die Tuinroete en die Baviaanskloof.

Dit is die ideale aftreeplek in ‘n rustige, plattelandse omgewing, maar tog net 45 min weg vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) waar daar hospitale en spesialis mediese dienste asook ‘n lughawe en groot inkopiesentrums is. Jeffreysbaai beskik self oor die noodsaaklike dienste soos huisdokters, tandartse en ander mediese dienste, genoegsame inkopiesentrums, top restaurante, koffiewinkels en vele meer.

Eedenglen Aftree-oord is uitstekend geleë aan die oostekant van die dorp met ‘n asemrowende uitsig oor die Kabeljaauws strand.

Blaai gerus deur ons webblad om uit te vind van alles wat die oord bied. Indien u enige vrae het of meer inligting benodig, kontak ons gerus by 042 296 0381 of epos reception@eedenglen.co.za of deur hier te klik.

Visie
Visie

Om van Eedenglen 'n uitmuntende oord te maak waar elke inwoner / eienaar met gemoedsrus kan aftree.

Missie
Missie

Om doeltreffende, volhoubare en bekostigbare dienste in 'n veilige, rustige en netjiese omgewing aan inwoners / eienaars te lewer

Kernwaardes
Kernwaardes

- Om die Oord met integriteit tot voordeel van elke inwoner / eienaar te bestuur
- Bystand word met respek, vriendelikheid en omgee aan inwoners / eienaars verleen
- Deursigtigheid sal ten alle tye gehandhaaf word

previous arrow
next arrow